My talk at PostgresConfZA

Ek het vandag ’n praatjie aangebied oor PostgreSQL-werkverrigting in die amaGama-projek by Suid-Afrika se Postgres-kongres. Die praatjie het agtergrond gegee oor vertaalgeheuestelsels en ook bespreek hoe die amaGama-projek PostgreSQL se volteksfunksionaliteit gebruik.

Soos mens in die opsomming kan lees, kon ek ’n reuseverbetering aan die databasis se werkverrigting maak. Gebruikers van die weergawe wat ons huisves, baat al reeds vir die afgelope paar week by die verbeterde werkverrigting.

’n Interessante aspek van hierdie werk is hoe die gedeeltelike oorvleuelende parsiële indekse gekomplementeer word deur die beter fisiese uitleg op die skyf (bereik met die CLUSTER-opdrag). Die werkverrigting is beter in beide die geval van warm of koue kasgeheue.

Ek glo ’n video sal mettertyd beskikbaar gemaak word. Geluk aan die organiseerders vir ’n baie aangename geleentheid!