Welkom by my webwerf.

Ek is ’n rekenaarwetenskaplike. My belangstellings sluit in natuurliketaalverwerking (veral vertaaltegnologie), masjienleer en kunsmatige intelligensie, maar dit blyk dat sosiolinguistiek die manier waarop ek dink en produkte ontwerp heelwat beïnvloed.

Ek het werksondervinding in die kommersiële IT-industrie, die nie-regeringsektor en in die akademie. My werkgewers se grootte het gevarieer vanaf twee werknemers tot meer as tien duisend. Ek is net so gemaklik met die ontwerp en ontwikkeling van stelsels as met die lees en skryf van akademiese artikels of om voor mense my idees te deel.

Ek het uitgebreide ervaring in die veld van sagtewarelokalisering — die proses waardeur sagteware aangepas word vir ’n nuwe taal- en kultuurgemeenskap. My bydraes oor die afgelope jare het aansienlik bygedra tot die stand van Afrikaanse ondersteuning in veral die wêreld van vry en oopbronsagteware. Ek was ook betrokke by die ontwikkeling van programme vir vertaling en die bestuur van vertaalprojekte, en het die voorreg gehad om op verskeie geleenthede en plekke mense regoor Afrika op te lei in lokalisering. Kry gerus meer detail oor my projekte en praatjies.

Ek het ’n PhD van die Universiteit van Suid-Afrika, en ek is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Die jongste inskrywings op my webjoernaal: